Kopersteentydperk

Die Kopersteentydperk, ook bekend as die Kopertydperk of Eneolitikum (van die Latynse aeneus, "van koper"), is ’n argeologiese tydperk wat navorsers nou beskou as deel van die groter Neolitikum (die laaste deel van die Steentydperk). Vroeëre geleerdes het dit omskryf as ’n oorgangstydperk tussen die Neolitikum en Bronstydperk.

Koper het in die Kopersteentydperk die metaalwerktegnologie oorheers. Dit is dus die tyd voor die ontdekking dat die byvoeging van tin by koper brons tot gevolg het, ’n allooimetaal wat harder en sterker as enige van die twee komponente is.

Die argeologiese terrein Belovode, op die Rudnikberg in Serwië, het die oudste bewyse ter wêreld van kopersmelting by hoë temperature, van omstreeks 5000 v.C.[1][2] Die oorgang van die Kopertydperk tot die Bronstydperk in Europa het geskied van die laat 5de tot die laat 3de millennium v.C. In die antieke Nabye Ooste het die Kopertydperk min of meer in dieselfde tyd begin en ’n millennium geduur voordat die vroeë Bronstydperk begin het.

  1. "Serbian site may have hosted first copper makers". UCL.ac.uk. UCL Institute of Archaeology. 23 September 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2017. Besoek op 22 April 2017.
  2. Bruce Bower (17 Julie 2010). "Serbian site may have hosted first copper makers". ScienceNews. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2013. Besoek op 22 April 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search